WIEG –  Joan Kruger

Prys: R379. 50 (BTW ingesluit)
Publikasiedatum: 29 Augustus 2022

 

Die jaar is 1700, die plek Amsterdam. Die bruid is 21 jaar oud, inderhaas getroud met ‘n Kaapse
chirurgyn, ‘n wewenaar wat oud genoeg is om haar pa te wees.
Wie is die Franse vrou wat haar na ‘n pioniersbestaan op ‘n wilde voorpos begewe? Marie Buisset is ‘n
vlugteling, ‘n weeskind uit Sedan, gebore tydens die felste Hugenootvervolging. Sy word ‘n stammoeder
van die families Du Plessis en Snith in Suid-Afrika, en as vroedvrou – later op die VOC se loonlys – is sy
die hulp van kwesbares: ‘n verkragte meisietjie, ‘n veertienjarige wat geboorte skenk en verskeie vroue
wat deur hul eienaars, minnaars of mans verniel is.
Uit karige oorblyfsels soos hofstukke, mediese rekeninge, vendusies en testamente onthul Joan Kruger
’n ryk en boeiende verhaal. Dis geskiedenis wat ontstel en vermaak, meesterlik vertel.
Wieg: Die verhaal van Maria du Plessis, née Marie Buisset (1679 – 1751), Hugenoot en vroedvrou is ‘n
vonds wat historici en talle lesers nuut laat kyk na ‘n gedeelde verlede.

 

———————————————————————————————————————————————————————-

Litera  Publikasies  is in 2000 as ’n onafhanklike klein uitgewery in Pretoria gestig en begin fokus op biografie, outobiografie en uitgesoekte fiksie. Deur die jare het die gehalte van ons boeke in die Suid-Afrikaanse boekebedryf bekend geword. In die eerste 16 jaar van haar bestaan het Litera die werk van bekroonde skrywers soos TT Cloete en George Weideman met trots aangebied. Ons het al enkele titels in Europa bekendgestel, en het gunstige resensies in internasionale publikasies ontvang. Ons produkte word in goeie boekwinkels in Suid-Afrika en Namibië aangetref en sekere titels is in buitelandse biblioteke beskikbaar. 

In 2015  het die uitgewery na die Wes-Kaap verhuis en word vanaf Somerset-Wes bedryf.