Sing, Mamma, sing

Titel: Sing, Mamma, sing

Outeur:  Theresa Papenfus

Uitgewer:  Litera Publikasies

Formaat: 222 mm x 152 mm

ISBN : 978-1-920188-57-3

Omslag: Volkleur matgelamineerde omslag met 100 mm invouflappe weerskante. Binneomslag bedruk in swart-wit, ongelamineer.

Bladsye:  282 teks
16 volkleur bladsye in fotoseksie

Prys:  R330  (BTW uitgesluit)
R380 (BTW ingesluit)

Verskyningsdatum: April 2024

Die boek sluit aan by die genre van die moeder-memoir en die subgenre van verlies.

Sing, Mamma, sing skets grepe uit die lewe van ’n Afrikaanse gesin vanaf die koms van Braam, die jongste van die drie Papenfus-seuns, tot ná sy dood op byna agt en dertig.

 ‘’n Jammerklag is dit egter nie,’ lees die Voorwoord. ‘Ook nie ’n selfhelpgids nie. Die leser reis saam met ’n ma deur haar kind se lewe, lag baie, kry groot waardering vir hom en neem ten slotte saam met haar van hom afskeid.’


————————————————————————————————————————-

Litera  Publikasies  is in 2000 as ’n onafhanklike klein uitgewery in Pretoria gestig en begin fokus op biografie, outobiografie en uitgesoekte fiksie. Deur die jare het die gehalte van ons boeke in die Suid-Afrikaanse boekebedryf bekend geword. In die eerste 16 jaar van haar bestaan het Litera die werk van bekroonde skrywers soos TT Cloete en George Weideman met trots aangebied. Ons het al enkele titels in Europa bekendgestel, en het gunstige resensies in internasionale publikasies ontvang. Ons produkte word in goeie boekwinkels in Suid-Afrika en Namibië aangetref en sekere titels is in buitelandse biblioteke beskikbaar. 

In 2015  het die uitgewery na die Wes-Kaap verhuis en word vanaf Somerset-Wes bedryf.