Geen handgeskrewe of elektroniese manuskripte (per e-pos of CD) kan oorweeg word nie.
- Elektroniese voorleggings, bestaande uit ’n opsomming (250 woorde), inhoudsopgawe en eerste hoofstuk kan egter per e-pos aangestuur word. Indien die uitgewery ’n potensiële mark daarvoor voorsien, sal die volledige hardekopie aanvra word.
Pos ’n hardekopie van die manuskrip, in dubbelspasiëring getik, aan die uitgewer. Alle bladsye moet genommer wees.
Moet nooit die enigste kopie van die manuskrip stuur nie. Die uitgewer kan nie onderneem dat u die manuskrip sal terugontvang nie.
Voorleggings moet die volgende insluit:
- ’n koevert vir die terugpos van u manuskrip, met voldoende posseëls en die terugsendingsadres volledig daarop aangebring. Geen manuskripte sal op die uitgewer se koste teruggepos word nie;
- ’n dekbrief met jou telefoonnommers, posadres en e-posadres;
- ’n opsomming van die manuskrip (250 woorde)
- die eerste hoofstuk
- ’n kort CV met melding van enige vorige skryfervaring en/of publikasies
- ’n bemarkingsplan (opsioneel).
Die uitgewer sal ontvangs van u manuskrip erken.
Indien die manuskrip vir publikasie aanvaar word, sal die uitgewer u ’n kontrak aanbied. Indien u manuskrip nie aanvaar word nie, sal u skriftelik verwittig word.
Afrikaans
English