Grensoorlogstories
Samesteller en redakteur Jeanette Ferreira
ISBN: 978-1-920188-38-2
FORMAT: 222 mm X 152 mm
PAGES: 184 pp black and white
COVER: Full colour matt laminated soft cover. Full colour printed endpapers.
PRICE: R190.00
ORDERS
ON THE DOT
T + 27 (0) 21 918 88 10
F + 27 (0) 21 918 88 15
orders@onthedot.co.za
RETAILERS
All good book stores in South Africa, Namibia and Botswana.
Description
Publication date: March 2012
Gripping stories by established and new Afrikaans writers. A creative, honest and touching account of recent South African history.
Spitstyd – uitgesoekte rubrieke
Wilhelm Jordaan
ISBN: 978-1-920188-35-1
FORMAT: 222 mm X 152 mm
PAGES: 198 pp
PRICE: R170.00
ORDERS
ON THE DOT
T + 27 (0) 21 918 88 10
F + 27 (0) 21 918 88 15
orders@onthedot.co.za
RETAILERS
All good book stores in South Africa, Namibia and Botswana.
Buy Now
Description
Selected articles by the columnist Wilhelm Jordaan. The former psychology professor brings new perspectives to relationships: those with ourselves, the others, the community and the great mystery.
Read Review
“Ek wil-wil soms ook mismoedig raak. Maar dan lees ek Wilhelm Jordaan se rubriek en my hart word ligter, ek kan verder sien as die meulenaar se tuin se grense en dit voel asof ek skielik weer ruimte het om wyer en dieper te dink” – Esmarie Maré
“Soos ’n hond waarvan die tong uithang, wag ek elke keer vir jou rubriek … Ek teer letterlik daarop, saam met die verkneukeling van en die verwondering oor ’n uitstekende meester/ghoeroe en woordmeester” – Johann Symington
Pik Botha and His Times
A Biography – Theresa Papenfus
ISBN: 978-1-920188-34-4
FORMAT: 222 mm x 152 mm
PAGES: 1100 pp black and white, including 48 pages photographs
COVER: Flexible matt laminated cover in full colour with 100 mm flaps
PRICE: R395.00
ORDERS
ON THE DOT
T + 27 (0) 21 918 88 10
F + 27 (0) 21 918 88 15
orders@onthedot.co.za
RETAILERS
All good book stores in South Africa, Namibia and Botswana.
Buy Now
Description
A biograpy of Pik Botha, one of South Africa’s most colourfol personalities, an apartheid cabinet minister and at the time the world’s longest serving foreign minister.
Read Review
“This is certainly one of the most fascinating biographies written by a South African writer concerning a South African politician, and can be highly recommended.”
The Star.
“..without question a tour de force about the life, work and legacy of Pik Botha, and in the final instance an authoritative source of information…” Journal of Contemporary History.
“History owes her a favour for writing this book… I enjoyed it immensely.” Peter Sullivan, former editor of The Star and Editor-in-Chief, Independent Newspapers, SA.
“… a page-turner” Pretoria News.
Pik Botha and His Times: eBook
A Biography – Theresa Papenfus
ISBN: 978-1-920188-36-8
PRICE: R320.00
Pik Botha en sy tyd
‘n Biografie – Theresa Papenfus
ISBN: 978-1-920188-33-7
FORMAT: 222 mm x 152 mm
PAGES: 1064 pp black and white, including 48 pages photographs
COVER: Flexible matt laminated cover in full colour with 100 mm flaps
PRICE: R395.00
ORDERS
ON THE DOT
T + 27 (0) 21 918 88 10
F + 27 (0) 21 918 88 15
orders@onthedot.co.za
RETAILERS
All good book stores in South Africa, Namibia and Botswana.
Buy Now
Description
‘n Biografie oor Pik Botha, ‘n apartheidsminister, intertyd die langsdienende minister van buitelandse sake ter wêreld en een van Suid-Afrika se kleurrykste figure.
Read Review
“… ongetwyfeld ‘n tour de force oor die lewe, werk en nalatenskap van Pik Botha, en in die laaste plek ‘n gesaghebbende bron van inligting…”
Joernaal vir Eietydse Geskiedenis.
“… ‘n metafoor van die storie van die Afrikanernasionaliste en hulle “boerestaat” tussen 1948 en 1994. Pik se storie verontskuldig hom nie, maar dit gee … die nodige perspektief om te verstaan ‘hoe dit was’. Papenfus verdien ons dank dat sy soveel moeite gedoen het om die storie op ‘n gemaklike en romanmatige wyse vir ons te vertel.” Tydskrif vir Geesteswetenskappe.
“As jy net in die geskiedenis belangstel hou die boek jou gevangene; as jy in Pik se lewe belangstel eweneens so … dis ‘n heerlike boek om te lees…” Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis.
“History owes her a favour for writing this book. I enjoyed it immensely.” Peter Sullivan, voormalige redakteur van The Star en groepshoofredakteur, Independent Newspapers SA.
” … a page-turner” Pretoria News.
Albert Venter – Departement Politiek
Universiteit van Johannesburg
‘n Vooraanstaande voormalige Suid-Afrikaanse generaal noem hom onbetroubaar, ‘n aandagsoeker, ‘n grootbek wat die land se buitelandse beleid groot skade aangedoen het; ‘n voormalige studentemaat en latere politieke opponent sê hy is ‘n showman en was maar ‘n onbetrokke minister; Kissinger sê hy is ‘n man van formaat; ‘n voormalige Britse buitelandse minister sê hy is ‘n indrukwekkende professionalis; FW de Klerk noem hom ‘n belangrike wegbereider, maar nie emosioneel stabiel genoeg om ‘n eerste minister te wees nie; ‘n lid van sy binnekring van amptenary sê is ‘n maverick, ‘n jukskeibreker, stroomop. Hy was vir lang tye die liefling van die ‘volk’ – Afrikaanse Nasionale Party ondersteuners. My kollegas in die drie verskillende Universiteitsdepartemente waar ek oor Pik Botha se loopbaan heen werksaam was, het meestal skerp akademiese en soms onvleiende praktiese kritiek teen sy diplomasie en manier van doen gehad. Pik Botha, lyk dit my, is een van daardie soort mense en politieke leiers wat jou dwing om heftig kant te kies: jy is of vir hom of teen hom, neutraal kan jy nie teen hom staan nie.
In haar omvattende biografie Pik Botha en sy tyd vertel Theresa Papenfus in groot besonderhede van Pik se persoonlike en professionele lewe. Sy gaan haal sy verhaal ver: van sy Europese voorgeslagte af tot en met die laaste dae van die Ou Suid-Afrika en sy lewe sedertdien vertel sy Pik se storie. In baie opsigte is Papenfus se storie oor Pik, ook die storie van veral die Afrikaners sedert die middel dertigerjare van die vorige eeu tot vandag. Pik is gebore in die laat jare van die Depressie van die dertigs, seun van ‘n Afrikanernasionalis onderwyser, deel van ‘n middelklasgesin wat nie brandarm grootgeword het nie, maar ook nie in weelde gelewe het nie. Goeie opvoeding gehad, matrikuleer op die Hoërvolkskool Potchefstroom, studeer regte aan UP, word staatsamptenaar by Buitelandse Sake, vorder tot Buitelandse Sake se regsverteenwoordiger in die sogenaamde Wêreldhofsaak oor Suidwes Afrika, word LV vir Wonderboom, later ambassadeur by die VN en ook die VSA, word deur John Vorster bevorder tot Minister van Buitelandse Sake, staan as mees junior minister in 1978 teen PW Botha om die eerste ministerskap, verloor en bly aan as langs dienende minister van buitelandse sake in Suid-Afrika se geskiedenis, verloor teen FW de Klerk om die amp van Staatspresident en dien einde ten laaste as minister van mineraal en energiesake in die eerste Mandela Kabinet. Dis ‘n loopbaan van 1953 tot 1996 – 43 jaar, maar ook ‘n tydvak van bykans 65 jaar in die geskiedenis van Suid-Afrika en van die Afrikaners.
Papenfus kwyt haar besonder bekwaam en deeglik van haar taak. Dis ‘n omvattende werk van bykans 1000 bladsye, waarvan ongeveer 160 bladsye verwysings is. Die werk het 7 jaar geneem om te voltooi en die skrywer het klaarblyklik baie moeite gedoen om bronne op te spoor, om persoonlike onderhoude met mense met wie Pik te doen gehad het te voer. Pik het self baie navorsingsmateriaal, bronne, kontakte en onderhoudstyd aan die skrywer afgestaan. Hy het nie die biografie ‘amptelik’ goedgekeur nie, maar het sy samewerking met die insameling van inligting gegee.
Die verhaal van Pik en sy tyd is in baie opsigte ‘n veelbewoë tydvak van Suid-Afrika en die Afrikaners se geskiedenis. Pik het begin werk vir die ‘Afrikanerstaat’ toe die Nasionale Party skaars vyf jaar aan bewind was. Apartheid het begin vorm aanneem in hierdie tyd en is opeenvolgend deur Verwoerd, Vorster en PW Botha tot sy volle konsekwensies deurgetrek. Van ‘n beleid met edel doelstellings – om aan elke volk in Suid-Afrika haar ‘regverdige, maar afsonderlike deel’ van die land te gee – tot die gewelddadige tyd van oorlog, opstand, noodtoestande en internasionale isolasie onder PW Botha, het Pik Botha sy land en sy volk op sy eie manier gedien. Sy blootstelling aan die buiteland as diplomaat het Pik mettertyd oortuig dat die wêreld nie uit pas met Suid-Afrika was nie (aldus Vorster), maar dat Suid-Afrika uit pas met die wêreld was. Dus sou apartheid moes waai, die vraag was: doen jy dit binne of buite die boesem van die volk? Pik het besluit om dit van binne te doen, en het in breë trekke sy regering en later sy party, krities lojaal gedien. Natuurlik het ‘n ‘van binne werk’ ‘n etiese, morele en persoonlike prys. Die boek sit hierdie ‘gewetenswroeging’ van Pik goed uiteen en die leser kan as’t ware saam met Pik wroeg oor hoe en wat en waar die ‘volk’ (lees hoofsaaklik Afrikaanse Nasionaliste’) oortuig moet word dat apartheid ‘n lyk is waarvan die ‘geur’ eenvoudig nie aan die buiteland verkoop kan word en in die binneland lewe gegee kan word nie.
Ander Afrikaners soos Beyers Naudè, Breyten Breytenbach en Bram Fischer het besluit om die Volk van buite te hervorm en verander. Pik, die de Klerk broers, verligte Nasionaliste soos Dawie de Villiers en Leon Wessels, het binne die kader van die Nasionale Party gewerk om apartheid te hervorm – en later af te skaf. Konserwatiewe Afrikaners van die Treurnicht soort het die verligtes as volksverraaiers afgemaak. PW Botha wou nie die hele pad van hervorming en afskaffing stap nie – en is vervreem van die party wat sy hele lewe oorheers het. Papenfus se verhaal oor Pik maak dit baie duidelik hoe moeilik dit is – prakties en eties – om binne ‘n stelsel te bly werk wat van meet af aan pragmaties en filosofies tot mislukking gedoem is. Pik se storie is ‘n metafoor van die storie van die Afrikanernasionaliste en hulle ‘boerestaat’ tussen 1948 en 1994. Baie wat in hierdie tyd gebeur het, groot en klein apartheid, die geweld wat aan mense gedoen is, die ontmensliking van ‘nie-blankes’, die Vlakplase en huurmoorde deur apartheidsaparatjieks, strek die NP-bewind nie tot eer nie. Hierdie skuld is deur die WVK proses op die NP leiers geplaas, en Pik kon dit nie ontkom nie – hy het die stelsel van binne gedien, vratte en al.
En tog, na my mening en soos deur Papenfus vertel, kan Pik tevrede wees dat sy keuse die regte een was. Sy styl, sy gewildheid by die volk, sy reguit praat, was ‘n groot en gedugte wegbereider onder Afrikaners en blankes, vir die nuwe post-apartheidsbedeling. Pik se storie verontskuldig hom nie, maar dit gee aan veral toekomstige geslagte en jonger Afrikaanse lesers wat nie die veelbewoë tyd deurgemaak het nie, die nodige perspektief om te verstaan ‘hoe dit was’. Papenfus verdien ons dank dat sy soveel moeite gedoen het om die storie op ‘n gemaklike en romanmatige wyse vir ons te vertel. Mag ek maar bely, ek was een van die volk wat van hom gehou het… .
Pik Botha en sy tyd: eBoek
‘n Biografie – Theresa Papenfus
ISBN: 978-1-920188-37-5
PRICE: R320.00
‘n Stem vir Suid-Afrika
My storie soos vertel aan Ian Raper – Mimi Coertse
ISBN: 978-0-958-46269-3
FORMAT: 170 mm X 240 mm
PAGES: 250 pp black-white with photo’s, 9 pp colour
COVER: Full colour laminated soft cover with 10cm flaps
PRICE: R200.00
ORDERS
ON THE DOT
T + 27 (0) 21 918 88 10
F + 27 (0) 21 918 88 15
orders@onthedot.co.za
RETAILERS
All good book stores in South Africa, Namibia and Botswana.
Buy Now
Description
The entertaining and touching life story of the famous South African diva, Mimi Coertse.
Read Review
“Die boek het my baie beïndruk – dis ‘n treffer.”
Jaap Steyn, bekende biograaf.
Rapport, 3 Februarie 2008
‘n Stem Vir Suid Afrika
Nagtegaal uit Afrika ontroer in alle opsigte
‘n Stem vir Suid-Afrika – my storie soos vertel aan Ian Raper.
Mimi Coertse was, en is steeds, ’n ikoon in Suid-Afrika. En hoewel baie van haar lewe wyd en syd bekend is, is dié persoonlike insae in haar lewe en loopbaan ’n heerlike ontdekkingsreis.
“Onse Mimi” het nog nooit geskroom om haar sê te sê nie. Hierdie weergawe van haar lewensverhaal is openhartig en reguit, maar altyd warm en hartlik. Sy is spontaan en soms baie uitgesproke, en haar humorsin is enersyds aansteeklik en andersyds ’n toonbeeld van ’n selfversekerde, baie besonderse vrou.
In die Suid-Afrika van die laat 1940’s en vroeë 1950’s het die jong sopraan met drome van roem ’n beskermde, byna naïewe lewe gelei. En dit was onbetaamlik dat die jong Mimi en die pianis Dawid Engela as goeie vriende saam oorsee gaan studeer. Die eerbare oplossing was ’n huwelik met Dawid, al het dit binne enkele jare vir haar groot verdriet en vernedering meegebring.
Toe Mimi in Januarie 1954 in Wene aankom, was die beroemde Weense Staatsopera nog in puin. Die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog in Europese stede en in die gemoedere van Europeërs was beduidend. Haar gemoedelike, humoristiese vertellings van die alledaagse lewe en haar aanvanklike sukkelbestaan is boeiend (’n skreeuende Russiese soldaat wat met sy bajonet op haar afstorm en haar dwing om in die middel van die straat te stap omdat sypaadjies saans verbode was en die Weense adel se medemenslikheid ondanks hul snobisme) en skilder ’n besonderse beeld van na-oorlogse Wene in ’n era wat vir die hedendaagse leser byna onwerklik lyk.
Die roem en die rou
Stories agter Honoris Crux – At van Wyk
ISBN: 978-1-920188-31-3
FORMAT: 222 mm X 152 mm
PAGES: 336 pp black-white with photo’s and sketches
COVER: Full colour laminated soft cover
PRICE: R245.00
ORDERS
ON THE DOT
T + 27 (0) 21 918 88 10
F + 27 (0) 21 918 88 15
orders@onthedot.co.za
RETAILERS
All good book stores in South Africa, Namibia and Botswana.
Buy Now
Description
Over 50 true stories of “madness or bravery” from the South African bush war, interwoven with irony, humour, pathos, tragedy – indispensable evidence from a nation’s past.
Read Review
Geskiedenis vir nuwe geslag wat vrae stel
Sarel van der Walt
Die roem en die rou – Stories agter Honoris Crux deur At van Wyk.
Tussen 1982 en 1985 het dr. At van Wyk, ’n historikus van Pretoria, twee boeke geskryf waarin hy die verhale vertel het van soldate van die eertydse Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) wat die gesogte Honoris Crux-medalje vir buitengewone dapperheid ontvang het.
Destyds het hy die inhoud daarvan aan die SAW voorgelê wat dele as té sensitief beskou het. Van Wyk is toe gedwing om dié inligting uit te haal.
Al daardie geskrapte stukke is nou in die nuwe boek teruggesit, tesame met die ou stories wat in historiese perspektief geplaas is. Die twee ou boeke is nuut in een boek saamgevat, grootliks herskryf, verwerk en bygewerk met nuwe inligting en enkele sketse van gevegsterreine.
Van Wyk wy ook ’n hoofstuk aan die politieke agtergrond waarteen die Bosoorlog hom van 1966 tot 1989 afgespeel het. Agter in die boek verskyn ook ’n lys met die name van 231 ontvangers van die HC-medalje.
Die HC, wat in 1952 ingestel maar in 2003 afgeskaf is, was Suid-Afrika se eweknie van die gesogte Britse Victoria Cross en die Amerikaners se Congressional Medal of Honor.
Die HC is in 1973 die eerste keer toegeken (aan kapt. A.P. Möller, ’n helikoptervlieënier) en sedert 1975 in vier grade van dapperheid verdeel: standaard, silwer, goud en diamant.
Die 1952-weergawe is net vyf keer toegeken, die HC (goud) 6 keer, HC (silwer) 27 keer en die HC (standaard) 193 keer.
Die HC (diamant) wat bedoel was vir toekenning aan soldate wat hulself ”doodsveragtend dapper“ gedra het, is egter nooit toegeken nie.
Dit is in 1992 onttrek.
Die HC (goud) is twee keer in 1981 toegeken aan lt. Arthur Walker, ’n helikoptervlieënier wat op Ondangwa in die eertydse Ovamboland gestasioneer was.
Dié medalje is toegeken aan soldate wat in groot gevaar buitengewoon dapper opgetree het.
In die lig van die gewilde huidige televisiereeks Grensoorlog wat Sondagaande op kykNET uitgesaai word, sal dié boek baie byval vind. Daarin word talle aangrypende – én skokkende – verhale vertel. En opnuut besef jy hoe wreed oorlog is. Vir baie oud-soldate sal die boek ou herinneringe opdiep.
Dit is verhale – of jy met die Bosoorlog saamgestem het of nie – wat nie verlore mag gaan nie.
Soos Van Wyk opmerk: “Die geveg by Cassinga (in Angola in 1978) is vir die een party ’n beestelike bloedbad; vir die ander ’n lofryke oorwinning – dis oorlog deur die eeue (heen), na gelang van jou staanplek aan die draad.”
Van Wyk skryf nóg ’n rede waarom die HC-verhale hervertel moet word, is omdat Suid-Afrika se oorlogsrol in sy buurlande, veral wat die bemyning en ekonomiese verplettering van Angola betref, op vader geskiedenis se lys is.
“Hoe groter jou afstand in tyd van ’n saak, hoe beter word jou perspektief; in 2008 staan ons in ’n nuwe wêreld en kyk uit ’n hoër tak van die historiese boom op en óór die bosoorlog onder ons.”
’n Nuwe geslag het grootgeword en wil weet wát; ’n brandende vraag na boeke daaroor het posgevat, veral ná wat dui op ’n owerheidsweiering om die oorlog en sy deelnemers ’n plek in Vryheidspark in Pretoria te gun.
”Asof ’n regering ’n land se geskiedenis kan verdeel.”
Die ironie, volgens Van Wyk, is dat dieselfde troepies wat destyds opgeroep is om vir “God, en Land en Volk” teen die vyande van apartheid oorlog te maak, ná die oorlog hul kruisies téén apartheid gemaak het.
“Dis ’n paradoks wat die hoofde van Vryheidspark tot dusver miskyk.”
Die roem en die rou – Stories agter Honoris Crux is ’n welkome toevoeging tot die literatuur oor Suid-Afrika se militêre geskiedenis, maar ook sy geskiedenis in die algemeen.
Van der Walt is ’n redaksielid van Beeld.
Newelig
Stories loop nie padsaam nie – George Weideman
ISBN: 978-0-958-46267-9
FORMAT: 213 mm X 137 mm
PAGES: 136 pp black-white
COVER: Full colour laminated soft cover with 8 cm flaps
PRICE: R155.00
ORDERS
ON THE DOT
T + 27 (0) 21 918 88 10
F + 27 (0) 21 918 88 15
orders@onthedot.co.za
RETAILERS
All good book stores in South Africa, Namibia and Botswana.
Buy Now
Description
A highly acclaimed volume of short stories by one of the most versatile Afrikaans authors.
Read Review
” … ‘n wingerdstok in die woestyn …”
Hennie Aucamp, bekroonde skrywer.
” … virtuose variasie” Joan Hambidge, digter, romanskrywer, kritikus.
Volksblad 14 Mei 2007
George Weideman is veel bekroon met besonderse talent – veelkantig, belangrik en dáár. Joan Hambidge
Weideman in virtuose variasie
Newelig George Weideman
’n Staning in ons kortverhaalkuns.
George Weideman is ’n digter, romanskrywer, kinderverhaalskrywer, dramaturg, koskenner en veral ’n begaafde kortverhaalskrywer. Nou onlangs moes ek ’n essay skryf oor sy digkuns en die leser kan nie anders as om beïndruk te wees met die tegniese beheer en besonderse woordspel nie. Hy is goed vereenwoordig in Groot Verseboek en in my honneursjaar het D.J. Opperman hoog opgegee oor sy digkuns.
Hy is veel bekroon met besonderse talent – veelkantig, belangrik en dáár. Die M-Net-, ATKV-, W.A. Hofmeyr- en Sanlampryse is aan hom toegeken. En wat my betref nie altyd reg ingeskat nie, omdat veral sy kortverhale ’n soort primordiale wêreld betree. Die jongste verhaalbundel heet Newelig : baie tye, streke en sfere word betrek en kragte soos liefde, onreg, ontnugtering en vergelding wod aangespreek. Newelig is sy derde bundel.
In sy kortkuns het Weideman – soos Hennie Aucamp en Abraham H. De Vries – nog altyd op ’n behendige wyse gekyk na die funksie van skryf. Ons vind dan in die tweede verhaal, Deur ’n spieël die volgende belangrike uitspraak: “Ek werk aan ’n ou, onvoltooide verhaal. Dit wou destyds nie vlot nie; dit het nou al vier keer van rekenaar na rekenaar getrek. Alles wat ’n mens skryf is outobiografies, het iemand gesê. Maar ’n mens se geheue word oor die jare in sommige opsigte onbetroubaarder; dis waarom die verhaal nie vlot nie…” (p.10).
Op ’n briljante wyse word virtuele voorstellings en die werklikheid in jukstaposisie geplaas en terselfdertyd word ’n ou en nuwe lewe vir ons deur die skrywer weergegee. En kommentaar gelewer op in welke mate die virtuele wêreld die lewe “mooier” kan voorstel. In hierdie ongelooflike verhaal wat die Freudiaanse dimensie van die unheimliche betree, word ’n skokkende onthulling so subtiel aan die leser oorgedra dat elke verdere lees nog dieper lae oopmaak. ’n Ongewenste swangerskap en die besef van wie die werklike vader was – en verantwoordelik sou/kon wees vir die tragiese einde – word subliem belig: deur die waarneming van ’n 13-jarige kind en die wyser, gryser verteller of fokalisator wat deur die skryf van die verhaal by die “waarheid” uitkom.
“Jy weet hoe loop stories. Nie padsaam nie,” (p. 25). Dit is een van die belangrikste aanwysings vir die leser in hierdie teks. Jy lees vorentoe en dan agtertoe. Verhale gee nie met ’n eerste lees sommer die “geheim” weg nie. ’n Opvallende aspek is dat die skrywer die vergete wêreld van sy jeug vir ons weergee: daar waar stories in die mond van gewone mense lê. In hierdie verband dra hy dan ’n verhaal op aan ene Colla Swart: Loop soek vir my ’n mens! wat soos volg begin:
“Die storie van oom Jasper Sout is deur Colla aan my vertel. Colla van Kamieskroon, einste Colla wat so knap met die lens is, wat detail en gevoel so volmaak op film kan vaslê…p. 39)”. Soos sy eweknie Aucamp wat verhale uit die Stormberge van familielede oorvertel vide www.litnet.co.za: Skryfsake: Agter elke storie) is dit eintlik net ’n truuk wat Weideman hier gebruik om die outensiteit van die verhaal te beklemtoon. Die waarheid van die vertelling is iets wat die leser verwag by die kontreistorie en hier spesifiek die vertellinge van die Namakwalanders. Die outeur gee hul outentieke ervarings en taalgebruik weer sonder dat daar ooit op hul neergesien word. Sy verhale praat op ’n besonderse manier natuurlik met E. Kotze se Weskus-stories. Mense wat eenvoudig is, sonder om agterlik te wees. Mense met stories en swaarkry en wie se verhale as’t ware vertolk word deur die sensitiewe skrywer. Wie se storie is dit uiteindelik? Dié verhaal behoort waarskynlik aan die gemeenskap.
Die dag toe Elvis gekom het is ’n andersoortige raamvertelling rondom die storie van ’n piromaan wat tronkstraf uitdien. Sy verhaal word ingeskryf vir ’n kompetisie. In die Oosbloklande is daar weer skryfprojekte om mense te help om hul psigoses te begryp en daar deur te werk. Weideman sluit dus aan by die nuwerwetse stroming van Memory and Trauma en skryf en vertel om tot heling te kom.
Die verhaal oor Marco Polo – Die katte van Korcula weifel tussen fantasie en werklikheid met die spekende skrywer wat help interpreteer aan die gegewe. Hennie Aucamp word by die naam aangespreek in die verhaal Tier. Mag ’n mens die werklikheid betrek? Mag ’n mens geliefdes en herkenbares aanspreek? Reeds in sy digkuns vermitologiseer hy sou Ouma Baai in ’n Staning onder die sterre, maar hy doen dit met soveel simpatie en innigheid dat dit geen herkenbare kan onstig nie. Die verhaal buig dus op sigself in en word ’n belangrike kommentaar op die belangrikste motief in hierdie bundel: die werklikheid is die grootste gewer van stories en insette. Die inspeel van moderne (Memory sticks) teenoor die ou vergane lewe word knap afgewissel. Die skrywer en fotograaf kan die lewe beheer, verbeter en verander. Neologismes soos “skermbeveiliger” skep interessante dimensie in sy bundel. Die unheimliche noem hy “onheimliks”. Dit is ’n boek wat ten slotte kommentaar lewer om die finale dimensie wat betree word, te wete die “newelig”, die oorgang van die lewe na die dood. Sewe verhale het elders verskyn en waarom, wonder ’n mens, het Tafelberg nie hierdie bundel gepubliseer nie? Want dis ’n bundel wat verdien om raakgesien te word.
Prof. Joan Hamidge, digter, romanskrywer, kritikus en direkteur van die skool vir tale en letterkundes, UK.
Boerneef Sing
Komposisies van uitgesoekte verse: 10 siklusse – Pieter de Villiers
ISBN: 978-0958-46264-8
FORMAT: 340 mm X 250 mm
PAGES: 160 pp black-white, illustrated
COVER: Full colour laminated soft cover with 10 cm flaps
PRICE: R214.95
ORDERS
ON THE DOT
T + 27 (0) 21 918 88 10
F + 27 (0) 21 918 88 15
orders@onthedot.co.za
RETAILERS
All good book stores in South Africa, Namibia and Botswana.
Buy Now
Description
Popular compositions of Boerneef poems, in the handwriting of the famous South African composer. Illustrations by Piet Grobler.